‘n Laat-lente liedjie

Waaroor sou my dagboek spekuleer
as ’n droom my jou naam sou leer

en waaroor sou ek biddend sug
as jy my alleen sou kom ontwrig?

vir nou is jy die glo
dat liefde tog sal dans in oë

wat ’n leeftyd lank al wag
om in mekaar te lag

ek mis jou hierdie somer meer
en met elke winter-seer, weer

want laat-lente moet nog rede bring
om deur herfs se stil te sing

wat baat skoonheid
wat baat roem

as dit ’n tuin
se verlang verbloem

ek bly vra
om jou naam te dra

en jou droom
te omsoom

met alles wat ek het
en wie
ek
is

One thought on “‘n Laat-lente liedjie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s