Die vallei.
Toe-gekoester in die holte van die rondom-berggordyn.
Net ‘n oogwink in my wakkerword.
Van bo gesien, toe weer verdwyn.
Dis die land wat drink van U reën,
Nie meer my gister-gieter-groentetuin.
Beloofde Kanaän, God-geseën,
Wat U gebou het uit my puin
‘n Oomblik. Helder, ewig, vaag.
‘n Prentjie, saamgeflans.
En nou die tree-vir-tree se waag
om saam met U hier in te dans.