Eendag, as

Eendag, wanneer …
oormore, as …

Die voorwaardes wat ons voorhou
vertraag soms die vertrou-tree
wat na gelang van geloof
water loopbaar maak.

Om vir wysheid te wag is wesenlik.
Maar om oor wense te weën is nie wag nie.
Dis net ’n verskoning
vir nie kies nie.

Wense sug net
oor keuses
en planne
wat nie gemaak word nie.

Lewe is keuse.
Liefde lei.
Keuse is koers.
Kies is rigting kry.

Vorentoe.

Die lewe is nou.

Nie eendag nie.

Awake, my soul.

Selah.

Leave a comment