Tag Archives: Babilon

Babilon strate

Spartel hart, deur Babilon strate –

draer van ‘n nuwe dag.

Keuses. Vasgewikkel in worstel vrae.

 

Dinge wat moet deurbreek. Drome wat moet spring.

Kop-kwessies wat vir jare al in sirkels swerf.

 

Voete wat die Lig wil volg

na lewe toe

weet nie watter klip gaan bly staan nie.

 

Net die Rots.

 

Val of breek.

Breek of val.

 

Spartel, hart – deur Babilon strate.

 

.. hierdie een, ‘n Sions-kind.